Join my!
As daar iets gebeur, wil ek graag hê jy moet daarvan weet! Vul asseblief jou details heronder in, en hoor so nou en dan van my!
Naam:
Email:
 
Links
Hier is 'n paar links wat ek dink julle van behoort te weet:
Vaughan bedank graag sy borge:
Nuusbrief
DESEMBER 2011 Nuusbrief - 7 Desember 2011

So… dis uiteindelik Desember. Platteland wys al in fliekteaters landswyd en die terugvoer is absoluut ongelooflik. Die fliek het reeds talle rekords gebreek! As jy nog nie kans gekry het om dit te gaan kyk nie, toemaar – jy’s nie alleen nie, ek het self nog nie! Ek het die premiêr misgeloop, as gevolg van TREE AAN! vertonings en van toe af was dinge mal, so hopelik sien ek myself darem op die “big screen” voor dit te laat is.

Terwyl ons nou toneelspeel gesels – baie dankie vir al die ongelooflike terugvoer oor Hartland en Tree Aan. Volgende jaar lê daar nog meer interessante rolle vir my voor in Getroud met Rugby en Deon Opperman se nuwe Afrikaanse treffers musiekspel, Lied van my Hart. Ek sien baie uit!

Wat my musiek betref – ek’s besig om te werk aan my nuwe album wat hopelik in Maart/April 2012 uitgereik gaan word. Ek skryf ook vir ʼn paar opwindende projekte wat voorlê… maar ek mag nog niks sê nie, so hou hierdie spasie dop! Een projek wat nou afgehandel is, is die skryf en vervaardiging van Platteland se temalied, Bring Als Wat Jy Het. Sean Else (Regisseur van Platteland ) het my gevra om ʼn duet vir Steve Hofmeyr en Bok van Blerk te skryf, en liedjie en musiekvideo, is op die Platteland klankbaan en YouTube beskikbaar. Ek sal seker maak om terug te antwoord op julle boodskappe – jammer dit gaan so stadig partykeer – dinge raak so besig, ek kry amper nie tyd om asem te haal nie… maar ek vergeet nie van julle nie!! En ek waardeer elke boodskap!

Laastens, as jy 9 Desember (Vrydag) in die Kaap is – ek het ʼn vertoning by Dorpstraat Teater in Stellenbosch. Sal baie lekker wees om julle almal daar te sien!

Baie dankie vir jul volgehoue ondersteuning in 2011. Sonder julle ondersteuning beteken my werk niks. Ek waardeer dit opreg! Ek wil ook vir elkeen ʼn Geseënde en veilige Kersseisoen toewens.

Met liede
Vaughan
 

[ARGIEF]