Vaughan
Gardiner het
homself al
gevestig as
suksesvolle
musikant, akteur
en
musiekvervaardiger,
maar tog is hy
nog ver van waar
hy wil wees… sy
drome is groot.
Alhoewel hy
gebore is in
Sandton,
Johannesburg op
14 April 1987,
het Vaughan
skoolgegaan en
groot geword in
die Kaap, waar
hy gewoon het
saam met sy pa
Vivian, ma
Ophelia en
jonger broer,
Selwyn. Eers na
hy sy B.Rek
graad verwerf
het aan die
Universiteit
Stellenbosch in
2008, en sy
debuut album
vrygestel het in
2009, het hy
Centurion toe
getrek waar sy
beroep behoorlik
vlam gevat het.
Maar Vaughan se
liefde vir
musiek het nie
oornag geblom
nie, dit kom al
van kleins af.
Op agt jarige
ouderdom het
Vaughan vir die
eerste keer ‘n
mikrofoon
vasgehou. Daarna
het hy aan
sangkompetisies
begin deelneem,
leer akoestise
en elektrise
kitaar speel, en
homself leer
klavier speel.
Op veertien het
hy met klassieke
sangopleiding by
Koba Wicomb
begin, en
aangehou totdat
hy, in 2009, uit
die Kaap getrek
het.
Hoërskool was
die tyd wat
Vaughan se
loopbaan bepaal
het. Tussen deur
die tennis,
krieket en rugby
het hy gespeel
in die Griekse
tragedie,
Oedipus the
Tyrant, wat
opgevoer is deur
die Kunstekaap
Teater in die
Kaap. Dit het
hom voorberei
vir sy
toekomstige
hoofrolle in
Jock of the
Bushveld – The
Musical en
TREE AAN! Die
Grensoorlog
musiekspel.
In sy Gr 11 jaar
(2004) het hy
deelgeneem aan ʼn
skoonheidskompetisie
by sy skool.
Daar het akteur,
Ivan Zimmerman,
hom raakgesien
en voorgestel
aan Sean Else
(toe lid van
Eden en, later,
een van die
stigters van
Mozi Records).
Vaughan beďndruk
toe vir Sean met
sy demo, en word
opgeteken deur
Johan Vorster en
Sean Else as
Mozi Records se
eerste
kunstenaar. Maar
die tyd was nog
nie reg vir
Vaughan nie, en
eers vyf jaar
later (2009) het
hy sy debuut
album, Wie Ek
Is,
vrygestel.
Intussen het hy
kans gekry om as
sanger, musikant,
skrywer en
vervaardiger te
groei.
Nadat hy
betrokke was by
die
vervaardiging
van sy eie
album, het
Vaughan kans
gekry om op
ander kustenaars
se albums te
vervaardig
insluitende Izak
Davel, Riaan
Grobler, Lianie
May, Jannie
Moolman en Bok
van Blerk. In
2011 begin hy as
vervaardiger by
Sean Else se
studio. Hy skryf
ook graag vir
ander
kunstenaars,
onder andere
Lianie May,
Karlien van
Jaarsveld, Riaan
Grobler, Izak
Davel en Jomari
Greyling.
Vir sy debuut
album het
Vaughan ʼn hele
paar nominasies
en toekennings
losgeslaan. Hy
is genomineer as
Beste Nuweling
by die
Huisgenoot Tempo
Toekennings
sowel as die
Rapport Vonk
Toekennings; sy
eerste “single”
– Gooi jou
arms om my
is genomineer in
die kategorie
Beste Liedjie,
ook by die Vonk
Toekennings; hy
ontvang ʼn
toekenning vanaf
Vaal Music Radio
as een van 2009
se top tien
kunstenaars; hy
ontvang die 2010
MK Award in die
kategorie Beste
Solo, en is vir
dieselfde
kategorie
genomineer in
2011. Maar
Vaughan se
(accolades) stop
nie by musiek
nie – in 2010
vertolk hy sy
eerste hoofrol
in Deon Opperman
se Jock of
the Bushveld
- The
Musical, en
ontvang ʼn Naledi
Theatre Awards
nominasie as
beste nuweling
vir hierdie rol.
Toneelspel
daarna sluit in
die hoofrol in
Deon Opperman se
TREE AAN! Die
grensoorlog
musiekblyspel;
ʼn hoofrol in die
KykNet
dramareeks –
Hartland, en
ʼn hoofrol in die
musiekfliek,
Platteland.
En nog vele meer
wat voorlę