Vaughan
Gardiner het
homself al
gevestig as
suksesvolle
musikant, akteur
en
musiekvervaardiger,
maar tog is hy
nog ver van waar
hy wil wees… sy
drome is groot.
Alhoewel hy
gebore is in
Sandton,
Johannesburg op
14 April 1987,
het Vaughan
skoolgegaan en
groot geword in
die Kaap, waar
hy gewoon het
saam met sy pa
Vivian, ma
Ophelia en
jonger broer,
Selwyn.
So… dis
uiteindelik
Desember.
Platteland wys
al in
fliekteaters
landswyd en die
terugvoer is
absoluut
ongelooflik. Die
fliek het reeds
talle rekords
gebreek! As jy
nog nie kans
gekry het om dit
te gaan kyk nie,
toemaar – jy’s
nie alleen nie,
ek het self nog
nie! Ek het die
premiêr
misgeloop, as
gevolg van TREE
AAN! vertonings
en van toe af
was dinge mal,
so hopelik sien
ek myself darem
op die “big
screen” voor dit
te laat is.
Terwyl ons nou
toneelspeel
gesels – baie
dankie vir al
die ongelooflike
terugvoer oor
Hartland en Tree
Aan.